HAT Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

HAT Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
Description
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal is Afrikaans se bekendste woordeboek, 'n trefseker staatmaker en bron van gesag. Nou span die ingrypend hersiene 6de uitgawe die kroon op die HAT se eerste halfeeu. Omvattend herbewerk en uitgebrei: Elke inskrywing volledig hersien; Gemoderniseer en bygewerk; Meer as 100 000 trefwoorde, uitdrukkings en frases; Meer as 80 000 voorbeelde van tipiese taalgebruik; Interessante inligting oor die herkoms van woorde; Geogra- ese name en afkortings; Altesaam meer as 2 miljoen woorde; Eietydse Afrikaans, beter as in enige ander woordeboek weerspieel; Lewend aanlyn; Vind al die woorde van die papierwoordeboek nou ook op die internet; Maandeliks bygewerk; Plus ouer woorde en uitdrukkings waarvoor die gedrukte HAT nie plek het nie; Aangevul met ensiklopediese inskrywings en 'n taalhandleiding; Altyd en oral byderhand, op jou rekenaar, slimfoon of tablet; Geen installering nodig nie; Wat is 'n huis, klaskamer of kantoor sonder die nuwe HAT?